Liefde is alles, en liefde vir musiek is nog beter.
Suid-Afrika se grootse musiekfees, Liefde by die Dam is op pad Namibië toe. Die Namibiese fees het ook ‘n spesiale naam, Liefde by die Nam en ek moet sê ek sien baie uit. Die fees sal awesome wees met van die beste Suid-Afrikaanse en Namibiese kunstenaars.
Julle wonder seker wie almal gaan daar wees. Ons sal nou daarna kyk. Liefde by die Nam sal op 9 September by WHS se Vegkop Stadion in Windhoek plaasvind. So niemand kan sê dis te moeilik om daar uit te kom nie.
Kom ons praat kunstenaars, ons begin sommer by die plaaslike drie. Riaan Smit, Sagarias Tsam en Lin-Mari sal by die fees optree. Dit moet al oorgenoeg wees om jou opgewonde te maak, maar as dit nie goenoeg is nie dan kan jy uitsien na kunstenaars soos, Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke, Bobby van Jaarsveld, Snotkop, Riana Nel, Robbie Wessels, Apple, Tasché, Barto, Justin Vega en Early B. Ek meen 14 kunstenaars op een dag? Dis fantasties.
Early B wat al voorheen by Liefde by die Dam opgetree het sê hy sien uit vir Liefde by die Nam, want dit is ‘n groot eer vir hom om Namibië toe te kom. Francois van Coke sê hy sien uit om by sy eerste Liefde-konsert in Namibië op te tree. Hy sê die organiseerdes kies altyd die regte kunsteenaars.
Namibië se eie, Sagarias Tsam is opgewonde om deel te wees van die konsert. Hy kan nie wag om sy liedjies te sing en om die verhoog met ander kunstenaars te deel nie. Hy het ook inspirasie gekry om ‘n nuwe liedjie te skryf wat hy vir die eerste keer by Liefde by die Nam sal sing.
So ek hoop teen die tyd is julle al so opgewonde soos ek. My kaartjies is reg en ek hoop julle kry ook julle s’n. Skakels om die kaartjies te koop is hier onder, so koop nou en kom ons kuier saam!
Liefde by die Nam is in collaboration with Kosmos 94.1
More information and get your tickets at:http://www.liefdebydiedam.co.za
JOIN NAM bit.ly/LiefdeNAM2023
Ticket prices:
General: 295 NAD.
VIP: 2950 NAD – (fast track entry, VIP area with seats in shaded area, includes snacks and a bar and private toilets.)
Note: no VIP kids tickets, only one type VIP ticket.
Kids 4 to 12 years– 150 NAD.





