Frankie en Felipé – Review (Afrikaans)

Ek het nog altyd ‘n movie gesoek wat ek kan met relate en ek dink ek het dit uiteindelik gekry.

Rating: 4.5 out of 5.

Ek het nog altyd ‘n movie gesoek wat ek kan met relate en ek dink ek het dit uiteindelik gekry.

Frankie en Felipé  is een van daai feel-good movies wat jou amper heeltyd laat lag. Dit is awesome wat Bradley Olivier en Solomon Cupido met die movie reggekry het. Saam het hulle iets golden gemaak en dis ‘n storie vir almal.

Die film gaan oor twee broers wat gedeel was toe hulle jonk was en toe het hulle lewens in twee verskillende rigtings beweeg. Dit beeld uit wat ons coloureds soms dink ‘n suksesvolle lewe is – iets wat ons dalk heel verkeerd verstaan.

Ter selfde tyd is die movie ook ‘n romantic comedy en ek glo almal wil graag ‘n bietjie romantic comedy in hul lewens hê. Ek weet die twee hoof karakters is broers, maar dit is ook ‘n storie van ‘n band tussen beste bras.

Bradley en Solomon beeld die karakters van Frankie en Felipé perfek uit. Frankie is die ou wat dit gemaak het, hy is die ou wat alle laaities graag wil wees. Felipé is die een wat amper as die loser gesien word, hy kon nooit uitstyg nie en bly nog by sy ma. Wat die mense dalk nie weet nie, is dat hy die is een wat uit sy pad uit gaan om haar te versorg.

So dis basies ‘n storie van different sides, same coin. Dit is ‘n verhaal van hoe dinge dalk nie altyd is soos wat dit lyk nie en dit is hoekom ek die movie love. Dit praat direk met my en dit voel so ek kan my self in hul skoen sit.

Marvin Lee Beukes het ‘n awesome job gedoen as die regisseur. Hy kon die storie en karakters uitbeeld soos ons hulle rondom ons sal sien. Die rest van die akteurs doen ook ‘n uitstekende job en elke karakter word mooi uitgebeeld. Bradley en Solomon het ook die film self geskryf en ek moet sê, hulle het dít.

Ek kan nie rêrig iets sleg van Frankie en Felipé sê nie, want dit is ‘n wonderlike authentic coloured verhaal. Ek weet dit is nie perfek nie, maar dit hoef nie te wees nie. Dit is ‘n rolprent wat deur almal kan geniet word en ek sal dit nie ophou aanbeveel nie. So kry jou kaartjies vir Frankie en Felipé nou.

Dit is alles tot nagedagtenis van Bradely Olivier.

Book your tickets now at Ster-Kinekor Grove or Maerua below

Grove Mall

Maerua

One comment

  1. […] My second press screening took place at the V&A Waterfront and it was for Frankie en Felipé. An Afrikaans film that kind of feels like my own story. Both these movies really kept me grounded in my new journey. (Read my reviews for Bob Marley One Love and Frankie en Felipé) […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *