In ‘n bietjie meer as ‘n maand sal ons almal in Kaapstad se strate uit-geek.
Comic Con Cape Town is terug in die Moederstad en die keer is dit beter as jou wildste drome. Obviously beteken dit meer om te doen, meer om te sien, meer om te eet, en baie meer om te beleef. Verlede jaar was awesome, maar hierdie jaar se Con beloof om nog groter te gaan, want groter is beter.
Verlede jaar was ‘n blast en ek kon my beste geek drome uitleef, hierdie jaar is meer spesiaal, want Comic Con Kaapstad is vir 5-DAE!!! Dis reg, 5 dae van plesier en fun. Van awesome akteurs tot comic skrywers en artists, cosplayers tot StreetCon, KidsCon tot filmmakers, gaming tot awesome eSport kompetisies, lekker kos en nog meer.
Die Cape Town International Animation Festival (CTIAF) vind ook saam met die Con plaas. So as jy animation wil doen of meer daarvan wil weet dan moet jy beslis ‘n draai gaan maak. Nathan Stanton wat bekend vir sy Pixar werk is en comic kunstenaar Bill Masuku sal ‘n werkswinkel aanbied.
Dit is maar net een van die klomp werkswinkels wat tydens die CTIAF aangebied sal word. Kaartjies vir die verskeie werkswinkels is reeds te koop. Raak betrokke by die event, dalk vind jy sommer vinnig jou calling.
Behalwe die main convention, sal Kaaptad ook hul eerste KidsCon het. Dis reg, ‘n spesiale area om die kinders besig te hou. Toys “R” Us en Comic Con kom saam om die kinders ‘n onvergeetlike tyd te gee. Dit beteken daar sal ‘n unieke Toys “R” Us winkel wees, plus klomp goed om sommer almal te entertain.
As jy hou van street art dan sal jy beslis StreetCon geniet, dis awesome om die mense se talent te sien. As jy ‘n gamer is, dan is jy dalk net op die regte plek by Comic Con Cape Town. Dis ‘n gamers paradise in die middel van Kaapstad. Daar is so baie om na uit te sien, maar ek sal nog daarby uitkom. Kry net solank jy Comic Con Cape Town kaartjies.




