Dit is amper Silwerskermfees tyd en hierdie jaar sal ek regstreeks vanaf die fees verslag doen.
Ek is opgewonde om te sȇ dat ek vanjaar die Silwerskermfees en Silwerskermtoekenings gaan bywoon. Dit is nie al nie, ek sal ook verslag doen en sommer ‘n redelike paar resensies skryf en videos vir Instagram en TikTok opneem. Dit was nog altyd ‘n droom van my om hierdie gesogte Afrikaanse filmfees by te woon.
Die Silwerskermfees vind in Kaapstad van 20 tot 23 Augustus plaas. Hierdie jaar maak 21 kortfilms en 6 vollengte films hul buigings. My plan is om almal te kyk, maar ek weet ook dat dit nie moontlik sal wees nie. Ek het reeds my kaartjies vir meeste films bespreek.
‘n Paar van die films wat ek baie na uitsien is: My f*k, Marelize!, Finding Optel en The Heart is a Muscle. My f*k, Marelize! is ‘n Nambiese verhaal en is geskiet in Windhoek, so ek is baie opgewonde om my tuisdorp op die grootskerm te sien. The Heart is a Muscle lyk na ‘n emosionele storie en die lokprent het my beslis baie opgewonde gemaak om dit te kyk.
Ek kyk nog deur die kortfilms, maar ek kan uit opgewondenheid sê dat ek beslis meeste van hulle gaan kyk. Ek sal oor die volgende paar weke meer inligting oor die kortfilms en dokumentêre deel. Al wat ek kan sȇ daar is baie wat ek nie wil misloop.
Die fees as wel nie net oor films, maar ook die maak van films. Daar sal verskeie meesterklasse, werkswinkels en paneelbesprekings ook wees. Dit sal elke filmmaker die geleentheid gee om met die nodige kennis en vaardighede toegerus te word. Ek sal ook ‘n paar van die klasse en besprekings bywoon.
Woorde kan nie beskryf hoe opgewonde ek is om regstreeks van die geleentheid se vloer verslaggewing te kan doen nie. Ek wil graag met die akteurs en regisseurs gesels en hopelik kan ek uitvis oor wat agter die skerms gebeur.
Ek sal oor die volgende paar weke meer oor die geleentheid gesels asook oor die films en kortfilms.









