Die eenvoudige antwoord is, dit is ‘n geleentheid waar mense pop culture of liewer pop-kultuur vier.
Comic Con Afrika is die grootste van die tipe geleenthede op die kontinent en ek voel geëerd om deel daarvan te wees. Mense wonder seker wat behels pop-kultuur, die maklike antwoord is dit is alles wat ons vermaak.
Alles van rolprente tot TV- en radioprogramme, boeke, toneelspel, musiek en nog meer kan as pop-kultuur geklassifiseer word. Daar is wel ‘n langer antwoord, maar ek wil nie mense verveel nie. Comic Con Afrika is ‘n plek waar mense bymekaar kom om kuns te sien en dit met anders deel.
Dit is wel nie al nie, daar sal ook ‘n spesiale geleentheid vir die kinders en ook e-sport kompetisies wees. Gedurende die vier-dae lange geleentheid gaan daar werkswinkels wees, verskillende kompetisies, rolprent vertonings en ‘n paar akteurs sal ook met die mense kom gesels.
Ek is gelukkig genoeg om deel van die geleentheid te wees. Ek gaan by die geleentheid werk as joernalis en content creator. Ek gaan videos skiet, onderhoude doen en artikels skryf oor wat alles by die geleentheid gebeur. Wie weet dalk ontmoet ek een van my gusteling sterre.
Die eerste Comic Con Afrika was in 2018 en die laaste een in 2019 en tydens die geleentheid het minstens 70 000 mense dit bygewoon! Ek sien Comic Con Afrika as ‘n geleentheid waar ‘n Namibiër, dis nou ek, met mense van regoor die wêreld kan bande bou.
Ek glo dis belangrik dat iemand van Namibië by alle groot Afrika geleenthede ons land verteenwoordig. Dit is dalk die geleentheid wat baie deure kan oop maak vir Namibiesie kunstenaars en toekomstige filmmakers.
Daar is mense daar buite wat ons stories wil sien en hoor. Hopelik sal Comic Con die plek wees waar ek mense aan Namibiese stories kan blootstel. Ek hoop ook om kontakte te bou wat anders kan help en wat ons land ‘n bietjie blootstelling kan gee.
Ek gaan dalk as net ‘n media beampte, maar daar is baie geleenthede by Comic Con. Dit is ‘n plek waar jy mense ontmoet wat besonderse dinge doen. Dit is ‘n droom bestemming vir media en pop kultuur liefheber.
Om Comic Con Afrika by te woon het ek ondersteuning nodig. Die organiseerders dek nie my kostes . Ek moet my eie verblyf en vervoer reël en betaal, asook enige iets anders wat ek dalk mag nodig kry. As enige iemand my wil help dan kan hulle my kontak of dalk ‘n boodskap stuur op een van my sosiale media bladsy.
Ek verkoop ook fondsinsammeling kaartjies om my reis the befonds. Dit kos N$50 elk en jy staan dan kans om ‘n paar awesome pryse te wen. Click die link hieronder.
https://themovieguy.company.site/Fundraising-Ticket-p483386021





