‘n Terugblink na die Silwerskerm

Die jaarlikse kykNET Silwerskermstoekennings het Saterdagaand in Kaapstad plaasgevind en The Movie Guy het die bloutapyt saam met al die sterre gestap.

Die jaarlikse kykNET Silwerskermstoekennings het Saterdagaand in Kaapstad plaasgevind en The Movie Guy het die bloutapyt saam met al die sterre gestap.

Die glansryke geleentheid het Saterdag, 31 Augustus plaasgevind en is Sondag, 1 September op kykNET uitgesaai. Voor die die toekennings uitgedeel was het The Movie Guy ‘n bietjie met die sterre van Arendsvlei, Suidooster en Binnelanders gesels. Hulle het ‘n bietjie oor hul gunsteling flieks gedeel gechat.

Irvine van der Merwe, Cindy Swanepoel, Jody Abrahams and Zak Hendriks gesels oor hul gunsteling flieks.

Cindy Swanepoel, ook bekend as Dokter Annelize Roux in Binnelander kon nie ophou praat van haar liefde vir Deadpool & Wolverine nie. Sy is nie die enigste een wat die Marvel-fliek opwindend gevind het nie, Irvine van der Merwe wat almal ken as Nazeem Jacobs is ook ‘n groot aanhanger van díe fliek.

Die toekennings het plaasgevind na die gewilde Silwerskermfees en gie Silwerskermbeeldjies is aan akteurs, aanbieders en persoonlikhede uitgedeel. Twee legendes naamlik, Hans Strydom en Denise Newman is albei vir hul lewensbydrae vereer.

‘n Totaal van 27 beeldjies is uitgegee vir TV en film. Die aand was vol vermaak met spesiale musiekopvoerings en ‘n kyk na lokprente van films wat by die Silwerskermfees gedebuteer het. Die fees het ook ‘n paar maand voor die 25-jaar viering van kykNET plaasgevind.

Die wenners by die Silwerskermtoekennings is soos volg:

DIE WENNERS IN DIE TV-KATEGORIE IS:

Beste byspeler in ’n komedie

  • Taktiek – Mandri Sutherland

Beste aanbieder in ’n vermaaklikheidsprogram

  • Wie word ’n miljoenêr? – Rian van Heerden

Beste aanbieder in ’n leefstylprogram

  • Ommighellie – Frazer Barry

Beste nuweling in ’n telenovela of sepie

  • Wyfie – Mienke Ehlers

Beste akteur in ’n komedie

  • Taktiek – Bennie Fourie

Beste aktrise in ’n komedie

  • Magda Louw – Desiré Gardner

Beste aanbieder in ’n realiteitsprogram

  • In die sop – Bertus Basson

Beste ensemble-aanbiederspan

  • Toks en Tjops – Breyton Paulse, Hamilton Wessels, Rika Nieuwoudt, Rikus de Beer, Janina Oberholzer, Jean de Villiers, Jonathan Mokuena, Jannie du Plessis, Tommy Dickson (Chef Vaatjie)

Beste byspeler in ’n telenovela of sepie

  • Wyfie – Marguerite van Eeden

Beste manlike byspeler in ’n drama

  • Koek – Dawid Minnaar

Beste vroulike byspeler in ’n drama

  • Koek – Sandra Prinsloo

Beste aanbieder in ’n joernaalprogram

  • Prontuit – Kabous Meiring

Beste aanbieder in ’n dokumentêre realiteitsprogram

  • Grondpad geloof – Dana Snyman

Beste aanbieder in ’n geselsprogram

  • Hannes aan huis – Hannes van Wyk

Beste aanbieder in ’n aktuele program

  • In gesprek – Lourensa Eckard

Beste akteur in ’n drama

  • Koek – Jacques Bessenger

Beste aktrise in ’n drama

  • Koek – Cindy Swanepoel

Beste aktrise in ’n telenovela of sepie

  • Suidooster – Jill Levenberg

Beste akteur in ’n telenovela of sepie

  • Arendsvlei – Jody Abrahams

Persoonlikheid van die Jaar

  • Rachelle Fourie

DIE WENNERS IN DIE SPEELFILM-KATEGORIE IS:

Beste draaiboek van ’n speelfilm

  • Som van twee – Simoné Pretorius

Beste oorspronklike klankbaan in ’n speelfilm

  • Som van twee – Snoozefest, Hunter Kennedy

Beste klankontwerp in ’n speelfilm

  • Die Kwiksilwers – Sound Surgeon Studios, Morné Marais

Beste kinematografie in ’n speelfilm

  • Hier.Na – Ebrahim Hajee

Beste redigering in ’n speelfilm

  • Som van twee – Dries Scholtz

Beste grimering en haarstilering in ’n speelfilm

  • Die Kwiksilwers – Hanri Neethling

Beste kostuums in ’n speelfilm

  • Hier.Na – Ayesha Khatieb

Beste manlike byspeler in ’n speelfilm

  • Som van twee – Pierre Breytenbach

Beste vroulike byspeler in ’n speelfilm

  • Hier.Na – Trudy van Rooy

Beste regie in ’n speelfilm

  • Som van twee – Simoné Pretorius

Beste akteur in ’n speelfilm

  • Som van twee – James Borthwick

Beste aktrise in ’n speelfilm

  • Hier.Na – June van Merch

Beste speelfilm

  • Som van twee

DIE WENNERS IN DIE KORTFILMS-KATEGORIE IS:

Beste draaiboek van ’n kortfilm deur ’n opkomende filmmaker

  • Marie se laaste dag – Mercy Kannemeyer en Lourensa Eckard

Beste regie van ’n kortfilm deur ’n opkomende filmmaker

  • Die Skynwerper – Dewet van Rooyen

Beste kortfilm deur ’n opkomende filmmaker

  • Marie se laaste dag

Beste kinematografie in ’n kortfilm

  • Marie se laaste dag – Tom Marais

Beste redigering in ’n kortfilm

  • Baas se honne – Leon Visser

Beste akteur in ’n kortfilm

  • Die Skynwerper – Ben Albertyn

Beste aktrise in ’n kortfilm

  • Selah – Erica Wessels

Beste Shotgun-kortfilm

  • Baas se honne

DIE WENNERS IN DIE DOKUMENTÊR-KATEGORIE IS:

Beste kort dokumentêr

  • Maak stil die geblaf

Beste regie in ’n kort dokumentêr

  • Maak stil die geblaf – Marisa van Tonder

Beste redigering in ’n kort dokumentêr

  • Vergeet van my – Pierre-Arnold Theron

TOEKENNINGS VIR LEWENSBYDRAE:

  • Denise Newman (aktrise)
  • Hans Strydom (akteur)
  • Roberta Durrant (TV-vervaardiger)

FEESGUNSTELING

  • Die Kwiksilwers

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *