Die jaarlikse kykNET Silwerskermstoekennings het Saterdagaand in Kaapstad plaasgevind en The Movie Guy het die bloutapyt saam met al die sterre gestap.
Die glansryke geleentheid het Saterdag, 31 Augustus plaasgevind en is Sondag, 1 September op kykNET uitgesaai. Voor die die toekennings uitgedeel was het The Movie Guy ‘n bietjie met die sterre van Arendsvlei, Suidooster en Binnelanders gesels. Hulle het ‘n bietjie oor hul gunsteling flieks gedeel gechat.
Cindy Swanepoel, ook bekend as Dokter Annelize Roux in Binnelander kon nie ophou praat van haar liefde vir Deadpool & Wolverine nie. Sy is nie die enigste een wat die Marvel-fliek opwindend gevind het nie, Irvine van der Merwe wat almal ken as Nazeem Jacobs is ook ‘n groot aanhanger van díe fliek.
Die toekennings het plaasgevind na die gewilde Silwerskermfees en gie Silwerskermbeeldjies is aan akteurs, aanbieders en persoonlikhede uitgedeel. Twee legendes naamlik, Hans Strydom en Denise Newman is albei vir hul lewensbydrae vereer.
‘n Totaal van 27 beeldjies is uitgegee vir TV en film. Die aand was vol vermaak met spesiale musiekopvoerings en ‘n kyk na lokprente van films wat by die Silwerskermfees gedebuteer het. Die fees het ook ‘n paar maand voor die 25-jaar viering van kykNET plaasgevind.
Die wenners by die Silwerskermtoekennings is soos volg:
DIE WENNERS IN DIE TV-KATEGORIE IS:
Beste byspeler in ’n komedie
- Taktiek – Mandri Sutherland
Beste aanbieder in ’n vermaaklikheidsprogram
- Wie word ’n miljoenêr? – Rian van Heerden
Beste aanbieder in ’n leefstylprogram
- Ommighellie – Frazer Barry
Beste nuweling in ’n telenovela of sepie
- Wyfie – Mienke Ehlers
Beste akteur in ’n komedie
- Taktiek – Bennie Fourie
Beste aktrise in ’n komedie
- Magda Louw – Desiré Gardner
Beste aanbieder in ’n realiteitsprogram
- In die sop – Bertus Basson
Beste ensemble-aanbiederspan
- Toks en Tjops – Breyton Paulse, Hamilton Wessels, Rika Nieuwoudt, Rikus de Beer, Janina Oberholzer, Jean de Villiers, Jonathan Mokuena, Jannie du Plessis, Tommy Dickson (Chef Vaatjie)
Beste byspeler in ’n telenovela of sepie
- Wyfie – Marguerite van Eeden
Beste manlike byspeler in ’n drama
- Koek – Dawid Minnaar
Beste vroulike byspeler in ’n drama
- Koek – Sandra Prinsloo
Beste aanbieder in ’n joernaalprogram
- Prontuit – Kabous Meiring
Beste aanbieder in ’n dokumentêre realiteitsprogram
- Grondpad geloof – Dana Snyman
Beste aanbieder in ’n geselsprogram
- Hannes aan huis – Hannes van Wyk
Beste aanbieder in ’n aktuele program
- In gesprek – Lourensa Eckard
Beste akteur in ’n drama
- Koek – Jacques Bessenger
Beste aktrise in ’n drama
- Koek – Cindy Swanepoel
Beste aktrise in ’n telenovela of sepie
- Suidooster – Jill Levenberg
Beste akteur in ’n telenovela of sepie
- Arendsvlei – Jody Abrahams
Persoonlikheid van die Jaar
- Rachelle Fourie
DIE WENNERS IN DIE SPEELFILM-KATEGORIE IS:
Beste draaiboek van ’n speelfilm
- Som van twee – Simoné Pretorius
Beste oorspronklike klankbaan in ’n speelfilm
- Som van twee – Snoozefest, Hunter Kennedy
Beste klankontwerp in ’n speelfilm
- Die Kwiksilwers – Sound Surgeon Studios, Morné Marais
Beste kinematografie in ’n speelfilm
- Hier.Na – Ebrahim Hajee
Beste redigering in ’n speelfilm
- Som van twee – Dries Scholtz
Beste grimering en haarstilering in ’n speelfilm
- Die Kwiksilwers – Hanri Neethling
Beste kostuums in ’n speelfilm
- Hier.Na – Ayesha Khatieb
Beste manlike byspeler in ’n speelfilm
- Som van twee – Pierre Breytenbach
Beste vroulike byspeler in ’n speelfilm
- Hier.Na – Trudy van Rooy
Beste regie in ’n speelfilm
- Som van twee – Simoné Pretorius
Beste akteur in ’n speelfilm
- Som van twee – James Borthwick
Beste aktrise in ’n speelfilm
- Hier.Na – June van Merch
Beste speelfilm
- Som van twee
DIE WENNERS IN DIE KORTFILMS-KATEGORIE IS:
Beste draaiboek van ’n kortfilm deur ’n opkomende filmmaker
- Marie se laaste dag – Mercy Kannemeyer en Lourensa Eckard
Beste regie van ’n kortfilm deur ’n opkomende filmmaker
- Die Skynwerper – Dewet van Rooyen
Beste kortfilm deur ’n opkomende filmmaker
- Marie se laaste dag
Beste kinematografie in ’n kortfilm
- Marie se laaste dag – Tom Marais
Beste redigering in ’n kortfilm
- Baas se honne – Leon Visser
Beste akteur in ’n kortfilm
- Die Skynwerper – Ben Albertyn
Beste aktrise in ’n kortfilm
- Selah – Erica Wessels
Beste Shotgun-kortfilm
- Baas se honne
DIE WENNERS IN DIE DOKUMENTÊR-KATEGORIE IS:
Beste kort dokumentêr
- Maak stil die geblaf
Beste regie in ’n kort dokumentêr
- Maak stil die geblaf – Marisa van Tonder
Beste redigering in ’n kort dokumentêr
- Vergeet van my – Pierre-Arnold Theron
TOEKENNINGS VIR LEWENSBYDRAE:
- Denise Newman (aktrise)
- Hans Strydom (akteur)
- Roberta Durrant (TV-vervaardiger)
FEESGUNSTELING
- Die Kwiksilwers




