Die maand van liefde is hier en as jy soek na ‘n bietjie Afrikaanse romans, dan moet jy ‘n bietjie gaan kyk na wat Showmax vir jou het.
Ek is mal oor ‘n goeie Afrikaanse romcom, dis hoekom ek ‘n paar dae terug gekyk het of Showmax ‘n paar van my gunsteling flieks het. Ek is happy om te sê ek het gekry waarna ek gesoek het. Hier is a lys van vyf Afrikaanse romcoms wat jy die Valentynsdag kan kyk, maak nie saak jou spesiale persoon het en of jy alleen is nie.
1. Klein Karoo
Cybil, ‘n onderwyseres, ontmoet Frans, ‘n boer, en hul botsende wêrelde lei tot ‘n pragtige liefdesverhaal. Klein Karoo is nogal baie awesome, ek sien baie van myself in Frans.
2. Knysna
‘n Vrou soek liefde en selfontdekking in die prentjiemooi Knysna. Die beste karaketer in Knysna is die plek. As jy nie verlief op iemand word nie, dan moet jy verlief op Knysna word.
3. Valentynssokkie
‘n Dorpsdans op Valentynsdag lei tot romantiese oomblikke en komiese misverstande. Almal hou to van ‘n lekker coming-of-age storie. So die is die perfekte een en dit is nog in Afrikaans.
4. Vir Altyd
Hugo en Nina se impulsiewe storie ken almal teen nou. Ek sal jok as ek sê die is nie een van my gunsteling romcoms nie. As jy dit nog nie gekyk het nie, dan is Valentynsdag die perfekte tyd vir dit.
5. Hollywood in my Huis
Jana droom van ‘n Hollywood-moment vir haar matriekafskeid en ontdek onverwags liefde. Ook nog ‘n coming-of-age storie, dit is so goed gedoen dat jy nie genoeg van dit sal kry nie.
Kry jou gunsteling snacks reg en geniet ‘n romantiese fliek-aand by die huis! En ja, dit beteken jy kan ‘n Showmax-geskenkbewys wen met The Movie Guy en Showmax Suid-Afrika. Gaan na my Instagram of TikTok, kry die kompetisie video.
- Comment die naam van jou gunsteling Afrikaanse Romcom
- Tag jou spesiale persoon
- Follow The Movie Guy en share die video.
Wenner word live of 13 Februarie 2025 getrek.
Terms and conditions apply





[…] Also go check out my list of Afrikaans Romcoms to watch on Showmax. […]